Testo Linden - Elvis Blue
Testo della canzone Linden (Elvis Blue), tratta dall'album Die Brug
Afrikaans gepraat, moeilikheid gemaak
Fiets gery, als gekry, opgepas middelklas
Space case pas mooi in die skooltas
Eerste date, sonbril fake.
Girl gebel, almal vertel,
Blik geskud, hart van klip,
Niks gevrees, kind gewees.
Oo my lief, jy is te jonk om so verlore te wees
Hoekom het jy als verloor in die strate van Linden?
Waar sal ons jou kry?
Waar sal ons jou kry?
Te veel gekuier, te min geweier
Seer gekry, te vining gery
Iets studeer, weer probeer
Opgeskop, alles gedop
Vakansie gehou, huis gebou
Bakkie gekoop, kinders laat doop
Geld gemaak, wie het 'n saak?
As jy alles het, sien niemand die krake
Oo my lief, jy is te jonk om so verlore te wees
Hoekom het jy als verloor in die strate van Linden?
Waar sal ons jou kry?
Waar sal ons jou kry?
Vrou gekry, toe geskei
Kinders huil, bakkie vuil
Hond gekoop, nou's hy dood
Môre kom, maar wie gee om?
Siek geword, ineengestort
Hospitaal, heel verdwaal ... dis terminaal
Oo my lief, jy is te jonk om so verlore te wees
Hoekom het jy als verloor in die strate van Linden?
Waar sal ons jou kry?
Waar sal ons jou kry?
Credits
Writer(s): Elvis Blue
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Link
Disclaimer:
i testi sono forniti da Musixmatch.
Per richieste di variazioni o rimozioni è possibile contattare
direttamente Musixmatch nel caso tu sia
un artista o
un publisher.